Dié produksie is op 17 en 18 Augustus in Pretoria en op 31 Augustus en 1 September in Kaapstad te sien. Kapenaars kry einde vandeesmaand die eerste keer die geleentheid om Die Skepping te sien nadat dit vroeër vanjaar reeds in Pretoria op die planke was.

“As ’n skrywer soos ek verlief raak op ’n komponis en dan boonop ’n komponis soos Janine Neethling, wie se grootste voorliefde en talent die skep van musiek vir stem en koor is, is dit seker ’n voldonge saak dat daar die een of ander tyd ’n grootskaalse teaterstuk soos ’n oratorium gebore sal word,” vertel Deon.

Hy wou al jare lank ’n teaterstuk skryf oor die majesteit en heilige wonder van die skepping; Janine het weer gedroom van ’n werk te komponeer vir ’n groot koor en volle simfonie-orkes, verduidelik hulle die oorsprong hiervan.

Janine sien Die Skepping nie as ’n konsert nie, maar as ’n ervaring: “Ek is baie trots daarop om hieroor te kan skryf en dié ervaring met die gehoor te deel.”

Tog was daar mense wat gewonder het wat sy dan nou aanvang, lag sy. “Mense wat my van Skouspel ken, verstaan nie wat ek doen met so ’n oratorium nie. Mense wat my as ’n klassieke musikant ken, kan weer nie glo ek het die nerve gehad om ’n oratorium te skryf nie. Wat is dit eintlik? ’n Raar oomblik in my lewe inderdaad, waar ek self hoendervleis kry en nie kan glo ek het die musiek geskryf nie!”

WEN Tien lesers kan elk dubbelkaartjies wen na Die Skepping in Pretoria op 18 Augustus.

  • SMS voor 17 Augustus om 17:00 die woord ORA18 en jou antwoord op die vraag na 33075.
  • VRAAG: Is dit die eerste keer dat Die Skepping – ’n Oratorium in Pretoria te sien is?
  • Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd.
Tien lesers kan elk dubbelkaartjies wen na Die Skepping in Kaapstad op 31 Augustus.
  • SMS voor 30 Augustus om 17:00 die woord ORA31, en die antwoord op die vraag na 33075.
  • VRAAG: Is dit die eerste keer dat Die Skepping – ’n Oratorium in Kaapstad te sien is?
  • Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd.

- Jaco Hough-Coetzee