Vir die weg-wedstryde sal die span in khaki, groen en bruin truie speel. Met tuiswedstryde sal hulle in die tradisionele Bulls-blou speel, maar steeds met ‘n kamoefleer-patroon.

Die Bulls se klereborg, Puma, het die truie saam met ‘n veldtog genaamd “Invisibulls”  geloods, maar ander gebruikers van sosiale media het ook na die span as die “Camo koeie” begin verwys...

Reaksies op Twitter

Die sanger Chris Chameleon het op Twitter laat hoor: “ Ek hou nogal van die nuwe Bulls-truie. Dink net hoe maklik gaan hulle deur die Crusaders se verdediging glip in daai moeilik-om-te-sien-uitrustings!”

Die radio-aanbieder Darren Scott het getwiet dat die nuwe trui “bevestig dat [die Bulle] nie in die uitspeel-wedstryde van die Super-toernooi gesien sal word nie”.

Toe een van sy volgelinge hom vra wat hy van die nuwe uitrustings dink, het die sanger Steve Hofmeyr getwiet: “Wel, dis nie blou nie, maar dis beter as pienk.”

Kyk wat sê Huisgenoot-lesers op Facebook oor die nuwe truie:

Lucia Bruce: Speel hulle rugby of paint ball?

Möller Louw: As ‘n mens so sleg speel moet jy jouself kamoefleer vir ingeval iemand jou herken

Renier Pieterse: Die groen lyk soos: “Boetie gaan Army toe”....

Gertruida Bezuidenhout: Ek hou daarvan! Lekker avontuurlustig!

Yolandi Malan van Wyk: Wie ontwerp die goed? Chuck Norris?

Leandi Botha: Nou moet die hele spulletjie net iewers in ‘n bos verdwyn, dan is almal gelukkig! Die ergste is dat die Flou Bul Fans in hul massas gaan opdaag in die aaklige speel-pakkies!

Otto Grobler: Mooi Bulle! Ek hou daarvan. Niemand anders het daaraan gedink nie. Dit weerspieël die “Afrika”-faktor.

Christie du Buisson: Love it as die Bulle die land aan die gons het. Dis net die Bulle wat dit regkry en nie vaal en vervelig is nie! Ek wil beide truie hê!

Kobie Nel: Hulle moet hulle maar kamoefleer sodat hulle ondersteuners hulle nie kan sien as hulle pak kry teen die Stormers nie.

Toinette Klynhans Geldenhuys: Blah blah blah aan al die suurknolle... I love it... Wys maar net weer eens die Bulle se waaggees... Wys vir my een ande span wat sal waag om so iets te doen. NEE, want hulle is alma banggatte

Bennie Hearn: Ek dink dit lyk baie goed, dis meer uitdagend en militêr. Dan het ons ‘n sielkundige voorsprong. Wie sal dan ‘n Bloubul Army-span wil aanvat!

Jannie Engelbrecht: Of dit nou die Bang Bulle, die Blou  Blare, die Bruin Blare, of die Bont Brigade is, ons weet darem een ding, hulle hou van hul “Fashion Statements”. Hulle word seker geïnspireer deur die spulletjie van 7de Laan.

Anna Marie Durand: Stunning man, stunning! Kyk net die jaloerse comments kom van nie-ondersteuners. Die meeste Bulle word anyway Bokke, dis hoekom die groen daar is. Great keuse.

Tanya Cloete Visagie: Wil een van elk vir Kersfees hê! Asb. Kersvader?

Suzaan Hauman