Dit is geskep uit die “behoefte om naby die mense te wees wat nie meer by ons is nie.”

Deelnemers kom bymekaar om die lewe van en herinnering aan 'n geliefde persoon of 'n troeteldier te gedenk. Hierdie multiplatform¬ sosiale netwerk sal deelnemers in staat stel om hul gevoelens oor en foto's van geliefdes te deel of geskenke ter herinnering aan hulle te plaas. Deelnemers kan ook ’n virtuele monument skep waar vriende en familie kan besoek aflê. Besoekers kan hier foto’s oplaai of ’n blom of geskenk gee. Spesiale aankondigings sal gebruikers op die hoogte hou van besoeke aan die monument. Die geobuurt-kenmerk van die toepassing help besoekers om die presiese ligging van die plek te bepaal. Hulle kan dit te alle tyd besoek. Dit alles geskied in ’n veilige, privaat omgewing.

Dit is geskep uit die “behoefte om naby die mense te wees wat nie meer by ons is nie.”

"Dit is 'n privaat uitlaatklep wat deelnemers help om vrede te vind en aan te beweeg terwyl hulle 'n lewe vier in 'n deernisvolle omgewing,” sê Jacope Vitali, een van die stigters van die toepassing.

Vitali het die sosiale netwerk geskep ná 'n persoonlike ondervinding. Hy was verpletter na die dood van sy nefie, en toe het hy tot die besef gekom dat daar 'n behoefte bestaan vir 'n aanlyn-platform vir sy smart. Dit het aanleiding gegee tot die ontstaan van RipCemetery. Dit is van stapel gestuur deur Indiegogo, 'n groepbefondsingswebwerf. Die stigters hoop dat die app-gebruikers sal help om die herinnering aan hul geliefdes vir altyd lewend te hou.

“RipCemetery reik wyer as aanlyn¬doodsberigte, sodat hulle 'n meer interaktiewe, simpatieke sosiale bymekaarkomplek kan word vir almal wat graag 'n geliefde wil onthou.

Die toepassing is al as eenvoudig en gebruikersvriendelik bestempel, en dit is uiters belangrik. Al wat gebruikers te doen staan is om hul geliefde se naam en sy geboorte¬ en sterfdatum op te laai. Dit is op verskeie platforms, insluitend Apple iOS, Android, Windows Mobile en alle tafelrekenaars, beskikbaar.

Bronne: ripcemetery.com, indiegogo.com, itweb.com