Die app, Find & Fix, wat Woensdag bekendgestel is, gaan padgebruikers in staat stel om slaggate, foutiewe verkeersligte, stormwatervoerpype, mangatdeksels en ander infrastruktuurkwessies met hul slimfoon aan die JRA te rapporteer, het die besturende direkteur, Skhumbuzo Macozoma, gesê.

“Die app verskaf ’n akkurate ligging met koördinate, en maak dit maklik om fotografiese bewyse te verskaf, wat die JRA se vermoë aanvul om herstellings wetenskapliker te beplan gebaseer op verslae en data wat ontvang is,” het Skhumbuzo in ’n verklaring gesê.

Die app, met die slagspreuk “snap it, send it, and we’ll fix it”, is die eerste van sy soort in Suid-Afrika, Afrika en die Suidelike Halfrond, het Skhumbuzo gesê.

Die app is op die meeste slimfone beskikbaar, insluitend Windows Phone 8-, Android en Apple-toestelle.