Die eerste lokprent vir die vyfde aflewering in die immergewilde Mission: Impossible-reeks is pas vrygestel en dit lyk asof dinge rowwer as ooit gaan.

Tom speel weer die rol van die geheime agent Ethan Hunt wat die wêreld dié keer van ’n ondergrondse agentskap, The Syndicate, moet red wat die mes in het vir Ethan en sy soort.

Die aksie lyk oudergewoonte uit die boonste rakke, veral die laaste deel van die lokprent waar Ethan aan die romp van ’n vliegtuig vasklou terwyl dit opstyg!

Mission: Impossible – Rogue Nation word einde Julie vrygestel.

Kyk hier na die lokprent: