Die Idols-wenner Sasha-Lee Davids en haar gesin van Atlantis se realiteitsprogram Huis van Davids sal Dinsdagaand (vanaand) op kykNET uitgesaai word.

“Hulle die ‘Jackson Ten’, net ­beter,” skerts Karen Meiring, hoof van ­kykNET, oor dié kanaal se ­nuwe werklikheidsprogram.

In Huis van Davids word die wel en wee van die ­Davids-gesin van Atlantis gevolg – pa John, ma Sally en hul tien ­kinders, almal hoogs musikaal.

Dit behoort geen verrassing te wees nie – hul dogter ­Sasha-Lee Davids het in 2009, tesame met Jason Hartman, die Idols-kroon gedra.

Die 21-jarige Sasha-Lee, wat onlangs tyd in Londen ­deur­gebring het om aan haar solo-loopbaan te werk, is nou terug by die huis en glimlag breed oor dié voorreg, asook oor die blaaskans.

Sy werk nou heeltyds aan haar nuutste projek om saam met haar gesin op te tree, het Beeld berig.

Lees meer hier.

Volg Huisgenoot op Twitter.