Hy is hopeloos te nuuskierig vir ’n 13-jarige seun. Vanuit bome, agter heinings en deur vensters bekyk hy die armoedige spoorweggemeenskap in Durban waar hy grootword.

En wat Timus Rademan sien, is nie altyd mooi nie,soos hul buurman se buiteegtelike verhouding, ’n selfmoordpoging in die kerk, ’n tienerswangerskap en ’n grusame moord.

Sy pa, Abram, glo vas sy seun leef in sy eie verbeeldingswêreld en is woedend as hy met skinderstories by die huis opdaag, want “die lewe is nie ’n storie nie”, sê hy. Sy nuuskierigheid laat Timus in gevaarlike situasies beland, maar dan kom Joon, die skeel roepman wat die spoorwegwerkers soggens moet wakker maak,elke keer tot sy redding.

Maar sal Joon altyd daar kan wees? Dit is die verhaal van die roman Roepman wat lesers al sedert 2004 bekoor en ’n advokaat van Pretoria geïnspireer het om sy jeugdroom waar te maak – om eendag ’n fliek te maak.

Vandeesmaand begin die nuwe Afrikaanse fliek landwyd in teaters draai; die fliekresensent Leon van Nierop beskryf dit as “fenomenaal”.

Lees meer in Huisgenoot van 19 Mei. 

Volg Huisgenoot op Twitter.