Die SABC het gister werksoekers en gegradueerdes gewaarsku om nie om geld te betaal vir plekke in hul internskapprogram nie.

"Die SABC se wettige internskap-werwingsveldtog het op Sondag 31 Januarie gesluit en hierdie proses het nie ’n aansoekfooi vereis nie,” het die SABC-woordvoerder, Kaizer Kganyago, gesê.

Hy het gesê daar was 'n toename in vervalste webtuistes en internetskakels wat gegradueerdes uitlok om teen ’n fooi vir die SABC se internskapprogram aansoek te doen.

Mense moet slegs aansoek doen vir hul internskapprogram via die amptelike webwerf of deur ’n besoek aan hul kantore.

Bron: News24

Lees ook:

Swendelaars hou hul lyf huisagent

MTN, Vodacom waarsku teen nuwe slenter