Kate is al lank ’n aanhanger van die op die Britse ITV-kanaal se periodedrama wat handel oor die lewens van die aristokratiese Crawley-gesin en hul diensknegte in die gesin se klassieke Georgiaanse huis op die platteland. Sy was stralend soos altyd in ’n klassieke roomkleurige jas van die kraamdraghandelsmerk JoJo Maman Bébé waar die algemene publiek koop.

Die ma van byna twee is by die Ealing Studios verwelkom deur die drama se skepper, Julian Fellowes, en het toe ’n toer onderneem van die grimering-, kostuum- en stelbou-afdeling van die studio’s waar al die tonele van die diensknegkwartiere en slaapkamer verfilm word. Kate het ook skouers geskuur met die reeks se sterre Michelle Dockery (Lady Mary), Hugh Bonneville en Elizabeth McGovern (Lord en Lady Grantham) en Joanne Froggatt (in die rol van die diensmeisie Anna).
Sy was veral ingenome met die vierjarige Zac Barker, wat die rol van Mary Crawley se seun, Master George, vertolk. Die klein akteurtjie het skamerig ’n speelgoedtreintjie vir prins George aan die hertogin gegee.
Kate, nou byna agt maande swanger, sal na verwagting volgende maand die lewe skenk.

Bronne: The Telegraph, Mail Online