Die glansryke Golden Globes, nog ’n sege vir die Proteas, pres. Barack Obama se afskeidstoespraak, die eerste skooljaar . . .  toets jou kennis van die afgelope week se stories.

Soos altyd kan jy tot onder die vasvra rol om die uitslag van verlede week se nuusvasvra te sien.

Foto (regsom van links bo): Wie is dié haasbekkie?, Hashim Amla, uittredende pres. Barack Obama en die ou hippie-Volksiebus

Bronne: netwerk24.com, huisgenoot.com, huffingtonpost.co.za, dailymaverick.com, bbc.com, abc.net.au, slate.com, hytimes.com, washingtonpost.com

VERLEDE WEEK . . . 

Het 93 persent van julle geweet dis 68 babaluislange op hierdie foto en nie 68 wurms nie.

68-luislange

Het net 44 persent van julle geweet Catherine, hertogin van Cambridge, se foto's van haar kinders het haar die enigste nie-fotograaf gemaak wat lewenslange lidmaatskap van die Royal Photographic Society in Engeland gekry het.

Was die gemiddelde punt 69 persent, een van die hoogstes ooit!