Ons vind die top-nuusstories, sodat jy altyd op hoogte kan bly van interessante nuusgebeure:

Catherine verlangs familie van Jane Austen

Londen – 'n Genealogie-webwerf, Ancestry.com, sê Prins William se bruid, Kate Middleton, is 'n verlangse familielid van die Britse skrywer Jane Austen.

Die webwerf sê die nuwe Hertogin van Cambridge en die skrywer van onder meer Pride and Prejudice is verlangse agter-agter kleinniggies.

Albei het die voorvader Henry Percy in gemeen. Hy was die tweede Graaf van Northumberland.

Charlie Sheen se karakter ‘sterf’

Charlie Sheen se karakter, Charlie Harper, in die sitkom Two and a Half Men, gaan sterf sodat Sheen nooit na die program kan terugkeer nie.

Die akteur het vroeër vanjaar die trekpas gekry nadat hy vir Chuck Lorre, mede-vervaardiger van die sitkom, in die openbaar gekritiseer het. Sheen is deur die akteur Ashton Kutcher vervang, wat 'n ander rol in die sitkom gaan speel.

Thatcher-handsak haal £25 000

‘n Swart leerhandsak wat aan barones Margaret Thatcher, Britse oudpremier, behoort het, is op ’n veiling in Londen vir £25 000 (sowat R275 000) verkoop.

Thatcher, naas Winston Churchill waarskynlik die bekendste Britse premier sedert die Tweede Wêreldoorlog, het dié pos van 1978 tot 1991 beklee.

Sy het bekend geword om die feit dat sy altyd ’n handsak – dikwels dié een – by geleenthede gedra het.

Bronne: Nuus24, Beeld