Ons vind die top-nuusstories en bring dit kortliks vir jou, sodat jy altyd op hoogte kan bly van interessante nuusgebeure:

Jackass-ster was dronk:

Die Jackass-ster Ryan Dunn was dronk toe sy Porsche in 'n ongeluk betrokke was, het die polisie gesê. Dunn was twee keer oor die wettige alkohol-limiet en sy bloedalkoholvlak was 0.196%. In Suid-Afrika is die wettige limiet 0.05%.

Geroge is enkellopend:

Die bekende paartjie George Clooney en Elisabetta Cannlis is ná ‘n verhouding van twee jaar nie meer bymekaar nie.  Volgens People.com het Clooney en Cannalis ‘n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle die einde van hul verhouding aangekondig het.

Galliano was verslaaf aan dwelms:

Die modeontwerper John Galliano het in ‘n hof in Parys erken dat hy verslaaf is aan alkohol, slaappille en valium. Hy word gedagvaar vir die anti-Semitiese aanmerkings wat hy in ‘n restaurant in Parys kwytgeraak het en het sedertdien sy posisie by Christian Dior verloor.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Bron: Nuus24