Ons vind die top-nuusstories en bring dit kortliks vir jou, sodat jy altyd op hoogte kan bly van interessante nuusgebeure:

Obama in Pretoria:

Michelle Obama het Maandagaand in Pretoria aangekom vir haar eerste solo-besoek as presidentsvrou aan Suid-Afrika en Botswana. Sy het omstreeks 21:15 by die Waterkloof-lugmagbasis geland. Haar dogters, Malia en Sasha, en haar ma, Marian Robinson, is glo saam met haar.

Charlize siek in SA:

Die Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron was vir sewe dae buite aksie weens ‘n maagvirus tydens ‘n onlangse besoek aan Suid-Afrika. Die Oscar-bekroonde aktrise het haar eie liefdadigheidsorganisasie, Africa Outreach, op die been gebring.

Susan Boyle kry eie musiekblyspel:

Susan Boyle het die wêreld stom gehad van verbasing toe sy haar mond oopmaak. En nou is 'n musiekblyspel oor haar lewe op pad. Die titel van die musiekblyspel verwys na die heel eerste liedjie wat haar beroemd gemaak het op Britain’s Got Talent.

Jackass-ster sterf in motorongeluk:

Een van die sterre van MTV se Jackass, Ryan Dunn, het Maandag gesterf toe hy met sy Porsche van die pad afgejaag het. Na bewering het Dunn saam met vriende gekuier en selfs getwiet oor die partytjie kort voor hy in ‘n gru-ongeluk gesterf het.

Volg Huisgenoot op Twitter.