George se oupa en Kate se pa, Michael Middleton, het die foto in die Middleton-gesin se tuin in Bucklebury, Berkshire geneem. Lupo, die hertog en hertogin van Cambridge se cockerspanjoel, verskyn op een van die foto’s – en hy lyk net so trots op die nuwe lid van die gesin soos die stralende William en Kate – terwyl Tilly die retriever, die Middletons se hond, eenkant op die kombers lê.

Kate en William raak stadig maar seker gewoond aan ouerskap en al die druk wat daarmee gepaardgaan. Soos William dit by die onlangse Anglesey County-skou in Wallis gestel het: “Ek het gedink soek-en-reddingswerk oor Snowdonia is fisiek en geestelik veeleisend. Maar om ’n drie weke oue baba te versorg, is net so erg.”

Hy sê dit gaan goed met Catherine, al hou George haar snags baie besig. William noem deesdae sy vrou Catherine in die openbaar pleks van Kate , het koninklike kenners opgemerk. “Catherine is meer koninklik,” sê ’n howeling. “Die hertogin stem saam en die hertog is tevrede daarmee om haar volle naam in die openbaar te gebruik.”

Dis alles tekens, sê dié wat weet, dat die koninklike paartjie hul vir meer amptelike pligte in die komende maande voorberei.

baba2