Appelasyn se gebruike is die eerste keer omstreeks 5 000 v.C. opgeteken, toe wyn te lank laat gis is en in asyn verander het. Appelasyn is ’n soort asyn wat appels of appelwyn gemaak is, en sodra jy die sterk reuk gewoond is, gaan jy besef hoe nuttig dit eintlik is. Dit het honderde gebruike, maar hier is ’n paar wat ons veral nuttig vind.

Vir jou vel

Appelasyn bevorder bloedsomloop in die klein bloedhaarvate wat die vel irrigeer en oksigeneer. Dit kan as ontsmettingsmiddel gebruik word, wat die verspreiding van bakterieë voorkom; dit los ook vetneerslae op die oppervlak van die vel op – wat beteken dit is wonderlik vir die behandeling van aknee. Appelasyn herstel ook die vel se natuurlike pH, en help met ’n skoner gelaat.

Vir jou gesig

Meng water (wat gekook en afgekoel het) met appelasyn in ’n 4:1-verhouding (maak seker jy bêre dit in ’n glasbottel) en gebruik die oplossing as ’n verfrisser nadat jy jou vel gereinig het. Jy kan die oplossing ook aan ander liggaamsdele gewend word waar jy aknee-agtige simptome ervaar, maar vir jou liggaam sal jy dit dalk ’n bietjie sterker moet aanmaak.

Behandel swaminfeksies

Een van die redes waarom appelasyn ’n tuisraat van formaat is, is sy swamwerende eienskappe. Mense met omlope kan die geaffekteerde area verskeie kere per dag behandel; wend net die appelasyn met watte aan. So ook kan voetskimmel met appelasyn behandel word. Jy kan jou voete in ’n appelasyn-en-wateroplossing week. Jy moet die asyn ook in jou skoene spuit om te verseker die toestand keer nie terug nie.

Gebruik as ’n natuurlike insekweerder

Vat ’n groot spuitbottel en maak dit halfvol met appelasyn. Voeg dan en of ’n kombinasie van die volgende kruie by: kruisement, laventel, kattekruid, salie of tiemie. Voeg water by, skud goed en laat dit oornag staan. Nadat die oplossing gegis het, het jy ’n sterk insekweerder wat jy in en om die huis kan gebruik.

Drink dit!

Vir algehele gesondheidsvoordele kan jy ook appelasyn drink. Daar word geglo dit help die liggaam ’n gesonde pH-vlak handhaaf (navorsers het bevind hoër suurvlakke word gekoppel aan ’n gebrek aan energie en ’n hoër voorkoms van infeksie in die liggaam). Dit help ook met gewigsverlies, verlaag bloedsuikervlakke en verlig die simptome van diabetes.

- Lindsay de Freitas

Bronne: apple-cider-vinegar-benefits.com, authoritynutrition.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.