Onthou jy die keer toe Maps Maponyane op Twitter geroskam is omdat hy almal ’n les gegee het oor hoe om sekere woorde reg uit te spreek? Ingeval jy die herrie misgeloop het – dit het alles begin toe iemand met die gebruikersnaam @Cde_Chef sê: “Jul WCW spreek die T in Moët uit.” Soos jy jou kan voorstel, het die twiet blitsvinnig versprei en ’n skertsery tot gevolg gehad in ’n debat oor hoe jy die handelsnaam moet uitspreek.

Toe gooi Maps sy stuiwer in die armbeurs en wys op ander handelsname wat gereeld verkeerd uitgespreek word.
En toe was die gort behoorlik gaar.

Maar hoe jy ook al oor die model en TV-persoonlikheid voel, hy het ’n punt beet gehad.

Die Britse handelsmerk Made by Oomph! het trouens vorendag gekom met ’n interessante infografika met die 30 handelsname wat gereeld verkeerd uitgespreek word en hoe jy dit reg uitspreek.

Ons het die handelsname gekies wat vir Suid-Afrikaners meer bekend is en is nuuskierig of julle dit al die jare verkeerd uitgespreek het.

1. Nutella

Algemene uitspraak: nuh-tell-uh

Regte uitspraak: new-tell-uh

2. Nike

Algemene uitspraak: nyke

Regte uitspraak: ni-key

3. Volkswagen

Algemene (Engelse) uitspraak: volks-wag-en

Regte uitspraak: vo-ks-var-gun

4. Hyundai

Algemene uitspraak: hi-un-dye

Regte uitspraak: hun-day

5. Adidas

Algemene uitspraak: AH-dee-das

Regte uitspraak: ah-DEE-das

6. Huawei

Algemene uitspraak: hugh-ah-way

Regte uitspraak: wah-way

7. Porsche

Algemene uitspraak: Porsh

Regte uitspraak: Por-she

8. Balmain

Algemene uitspraak: bal-main

Regte uitspraak: bal-mah

9. Renault

Algemene uitspraak: ren-olt

Regte uitspraak: ren-oh

10. Chevrolet

Algemene uitspraak: shev-ro-let

Regte uitspraak: shev-ro-lay

Bronne: madebyoomph.co.uk, twitter.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Gespanne en hartseer’ honde weier om sterwende baba se hospitaalbed te verlaat

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

Dit gons vandag landwyd in die howe met drie hoëprofielsake

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: Dis hoekom jy Wagter liefs nie ’n drukkie moet gee nie!