’n Matriekleerling, wat verlede jaar die senior sertifikaat-eksamen afgelê het, het ’n ronde nulletjie gekry ná hy in ’n antwoordstel gevloek het.

Volgens Bronaugh Casey, die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant, se woordvoerder, het die leerling die nasiener uitgejou.

“Die gevolg is dat die leerling se uitslae in dié vak nietig verklaar is,” sê sy.

Die leerling se naam, die vak waarin hy nul gekry het en wat presies hy gesê het is nie bekendgemaak nie.

Sy het wel gesê die leerling sal toegelaat word om vandeesmaand die hereksamen af te lê.

Die provinsie het ook sewe ander gevalle van onreëlmatighede ondersoek.

Dié gevalle sluit leerling in wat uitgevang is met selfone of notas in die eksamenlokaal. – Sapa