Christopher Jones se valskerm-instrukteur, Sheldon McFarlane, moes blitsvinnig reageer toe hy agterkom Christopher is na sy spong nie meer by sy volle bewussyn nie. Sheldon het inderhaas probeer om Christopher se valskerm te ontplooi, maar was eers met sy tweede probeerslag suksesvol.

Die hele senutergende situasie bo in die lug is op video vasgevang. Sheldon het aan plaaslike nuusagentskappe verduidelik hoewel die situasie dodelik gelyk het, Christopher nie na sy dood sou getuimel het nie omdat sy valskerm by ’n voorafbepaalde hoogte outomaties sou ontplooi.

Intussen vertel Christopher hoe hy skielik sowat 900 m bokant die grond sy positiewe herwin het en besef het hy was vir meer as 30 sekondes bewusteloos. “Dit was seker die angswekkendste oomblik van my lewe,” het hy vertel.

Kyk hier na die video:

Bronne: ABC NEWS; HUFFINGTON POST