Terwyl sanger Bobby van Jaarsveld op toer in Kroonstad was, het sy jongste seun, Leben (1) gister byna verdrink.

“Leben het met sy fietsie in ’n swembad geval en gesink,” het hy op Twitter geskryf. Sy vrou Annatjie het hom uitgeduik. “ Ek Loof die Vader vir Sy beskerming oor my kids en familie!” het hy gesê. ’n Aanhanger, Cherise Bezuidenhout, het geskryf dat hulle ’n net op die swembad moet kry. Hierop het Bobby gereageer : “Was nie ons swembad nie. Ek is op toer.” Hy tree vanaand in Boksburg by Presleys op en is môre by die Randfontein Skou.

- Loren Pienaar

Lees meer hier oor waterveiligheid - klik hier.