Christina Storm, wat binnekort saam met Kurt Darren in die film Ek Lief Jou te sien sal wees, vertel van ‘n noue ontkoming op stel.

Sy wil nie te veel verklap nie, maar vertel van een toneel waarin ‘n karakter sy motor moes rol. Die waaghals Kerry Greg, wat vir die karakter in die film instaan, moes met ‘n Pajero teen ‘n oprit opjaag en dan deur die lug trek.

Die toneel was baie goed beplan en almal op stel was opgewonde om die verfilming van dié waagstuk dop te hou. Maar toe die Pajero, soos beplan, op sy dak te lande kom, is al wat uit die motor klim Kerry. Iets was fout. Van die produksiemense het dadelik na die motor gehardloop om ondersoek in te stel.

“Ons het seker vir vyf minute lank asem opgehou en gedink die ou gaan dit nie maak nie,” vertel Christina. Uiteindelik het Kerry uitgeklim en verduidelik dat die sitplekgordel teen sy keel gedruk het en dat hy nie kon asemhaal nie.

Die res van die verfilming het gelukkig glad verloop.

“Kurt het met baie van die tonele gehelp en ons almal so gemaklik laat voel dat ons sommer ons tekste weggegooi het en ons eie woorde opgemaak het!”

Ek Lief Jou begin landwyd op 3 Junie in teaters draai.

Volg Huisgenoot op Twitter.