Asof mense nie genoeg oor hul troeteldiere praat nie, het My Social Petwork die afgelope week die lig gesien: ’n sosiale netwerk vir troeteldiereienaars.

The Telegraph berig dat troeteldiereienaars een profiel vir hulself en een profiel vir hul troeteldier skep. Daarna kan hul nuus, foto’s en videos op die netwerk laai. Die webtuiste se ontwerp is soortgelyk aan die van die sosiale netwerk Pinterest, met die klem wat sterk val op foto’s.

Besondee oulike gediertes word op die netwerk se tuisblad gelaai.

Dit is seker geen verrassing nie dat daar reeds van einde verlede af ’n sosiale netwerk net vir katte bestaan, ene Catmoji.

My Social Petwork dien darem wel ’n goeie doel. Liefdadigheidsorganisasies gebruik dié netwerk om ’n tuiste te vind vir hawelose diere. Sakeondernemings wat hulle toespits op troeteldiereienaars, kan ook by die netwerk aansluit.

“Aangesien miljoene troeteldiereienaars reeds elke week foto’s, video’s en nuusbrokkies oor hul troeteldiere op hul sosiale netwerke laai, gee My Social Petwork eienaars van alle spesies en rasse die kans om op een plek bymekaar te kom,” het Catriona Golden van PEP Publishing, wat die webtuiste besit, gesê.

Gaan loer hier na die webtuiste: http://mysocialpetwork.co.uk/

- The Telegraph