SY HANDE gly oor die wiele en die rolstoel beweeg geruisloos oor die vloer, omdie draai, in die gang af tot reg voor die braaier in die heerlike koel kuier-area.

Hy skuif gemakliker reg en rem dan aan die gespe om die plastiekband om sy lyf stywer vas te trek. Hy draai die rem aan en skuif twee ovaal draaimeganismes uit die kante van die stoel uit. Rats vou sy hande om die meganismes en hy begin stadig draai. Een, twee, drie... en op.

Vir Mathys Roets is dit steeds ’n wonder. Vir die eerste keer in meer as ’n jaar kan hy op sy eie bene staan.

Wel, nou nie heeltemal nie, maar sy nuwe meganiese rolstoel gee hom deesdae ’n nuwe blik op die lewe.

“Dis so lekker om almal vir ’n verandering weer in die oë te kan kyk,” sê hy met ’n glimlag in sy huis in Pretoria.

Daar is dankbaarheid in sy stem. Hy gryp ’n braaitang wat naby die braaier teen die muur hang en maak kamma of hy ’n vleisie op die rooster omkeer.

Want met sy staanstoel is dit mos nou baie makliker om vleis eksieperfeksie te braai.

“Die heel eerste ding wat ek gedoen het toe ek die stoel kry, was om al my vriende vir ’n braai oor te nooi,” lag hy en vertel hy het amper die hele aand gestaan.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 18 November 2010