Het jy reeds planne gemaak vir wat met jou aanlynlewe gebeur ingeval jy doodgaan?

Wees nie bekommerd nie, want daar’s ’n app daarvoor.

LivesOn sal seker maak jou Twitter hou nie op saam met jou laaste hartklop nie.

Dié app is deel van ’n nuwe projek deur Dave Bedwood van die Queen Mary-universiteit in Engeland.

Dié kunsmatige-intelligensie-app tree op as jou digitale tweeling en leer ken jou deur presies wat jy als aanlyn deel terwyl jy nog lewe.

Ná jou dood kan die app self twiets skep soortgelyk aan dié wat jy moontlik self sou gestuur het.

LivesOn is later dié maand beskikbaar en kan gratis afgelaai word.

-The Star