As jy gedurig reis en weens die duur kostes nie jou kar by die lughawe wil los nie, het ’n Chinese boer ’n oplossing vir jou: Hy het sy reistas in ’n bromponie omskep sodat reisigers nou op hul tas heen en weer lughawe toe kan ry.

Die driewiel-bromponie-tas kan teen 20 km per uur ry en kry krag van ’n ingeboude battery, wat elke ses uur spotmaklik in ’n muurprop herlaai kan word, berig telegraph.co.uk.

Dit het selfs ’n satellietnavigasiestelsel, toeter én alarmstelsel.

Wanneer jy eindelik by die lughawe kom, klim jy bloot van die tas af en trek hom, soos enige ander handbagasie, by die lughawe in.

Dis onbekend of dié bromponies al in grootmaat beskikbaar is, maar afhangend van die gewildheid, sal dit teen tussen R6 700 en meer as R50 000 per tas verkoop word.

Kyk hier hoe die tas werk:

– Christiaan Boonzaier