Om jou stres te verlig, kan daar niks meer ontspannend wees as 'n diepspier-masseringsessie deur ’n reusagtige, gevaarlike slang nie...

Besoekers aan die Cebu City Zoo in die Filippyne kan dié alternatiewe masseringsessies, uitgevoer deur vier groot luislange wat bo-oor 'n mens se lyf geplaas word, geniet.

As jy ’n donasie gee (wat gebruik word om die dieretuin te bedryf) kan jy hierdie bederfsessie geniet.

Hierdie massering is ’n ernstige saak want die slange is vyf meter lank en hulle weeg altesame 250 kg.