Kanye West meen sy dogter, North, is ewe veel ’n koninklike as prins George van Brittanje.

Die Heartless-rapper beweer sy vyf maande oue baba moet as ’n koninklike beskou word en die gelyke van William en Catherin se eersteling.

In ’n onderhoud op Power 105 se ontbytprogram het Kanye gesê: “My dogter ewe veel ’n koninklike as die prins en prinses in Londen.”

Kanye (36) het ook beweer die motivering vir sy Bound 2-musiekvideo, waarin sy verloofde, Kim Kardashian, bostukloos optree, was om met die “wit skuim” populêre kultuur te spot wat elke dag aan die wêreld voorgehou word.

Hy het gesê: “Ek wou witskuim-T-hemde vat en dit in ’n video omskep. Ek wou hê dit moes so vals moontlik lyk. Ek wou hê die wolke moet in een rigting gaan, die berge in die ander rigting, die perde daar oorkant . . . want ek wou vir jou wys dit is The Hunger Games. Ek wou wys dis dié soort beelde wat aan ons almal voorgehou word. En al verskil is, daar’s ’n swart ou in die middel daarvan.”

Die video het wêreldwyd aandag getrek. Die akteurs James Franco en Seth Rogen het intussen ’n parodie op die promo geskep wat die afgelope week soos ’n veldbrand versprei het.