Verskeie munisipaliteite in die Noordwes-provinsie is tot rampgebiede verklaar ná die aardbewing verlede week, het die premier se kantoor Maandag gesê.

Die geaffekteerde gebiede is die Khuma-, Jouberton-, Vaal Reefs-, Kanana-, and Tigane-township in die Matlosana plaaslike munisipaliteit binne die dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit, het die waarnemende woordvoerder, Bonolo Mohlakoana, in ’n verklaring gesê.

“Die verklaring sluit ook die Ramotshere Moiloa plaaslike munisipaliteit binne die Ngaka Modiri Molema-distrik in.”

’n Tolvry nommer, 0800-22-22-70, is geaktiveer vir gemeenskappe om skade aan te meld en vir die openbaar of belangstellende organisasies om vir donasies te bel.

“The Gift of the Givers gaan die verklaarde gebiede môre besoek om bystand aan slagoffers te bied,” het Bonolo gesê.

’n 31-jarige man is verlede Dinsdag in ’n ou myndorp in Orkney dood aangetref toe ’n aardbewing van 5,5 die gebied tref.

Minstens 34 mynwerkers is beseer en meer as 600 huise is beskadig.