Volgens kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het ’n groep gewapende rowers in die vroeë oggendure by dr. M.N. Lateef (53) se huis in Hugostraat, Monumenthoogte, ingebreek terwyl hulle geslaap het.

Dr. Lateef is deur die rowers doodgeskiet en sy gesinslede is deur hulle vasgebind.

Dit is glo nie die eerste aanval op ’n mediese kundige in dié stad nie.

Luidens berigte was daar die afgelope paar jaar verskeie aanvalle op dokters in Kimberley. Die rowers het glo ’n spesifieke modus operandi wat hulle volg, maar die polisie wil op hierdie stadium nie daarop uitbrei nie.

Niemand is al vir die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan ao. Pamela Mafaro, die ondersoekbeampte, by 082 331 4712 of 053 838 4200 bel.