Luidens berigte was daar geen werknemers in die tonnel toe die voorval plaasgevind het nie. Werknemers is intussen aangesê om binnenshuis, hetsy geboue of hul karavane, te bly en om niks te eet of te drink tot verdere kennisgewing nie.

Die tonnel bevat na bewering hoogs besmette kernafvalmateriaal, wat ook treine insluit waarmee radioaktiewe brandstofstawe vervoer is. Die treine is glo jare gelede binne-in die tonnels geneem en dan begrawe. Daar is luidens berigte 28 treine in dié spesifieke tonnel begrawe. Die Amerikaanse departement van energie het kommer uitgespreek oor die insinking van die grond wat die spoorwegtonnels bedek.
In hierdie stadium is die insinking sowat 6 vierkante meter groot.
Kerndeskundiges het die aanleg vantevore reeds as ’n “Tsjernobil wat wag om te gebeur” bestempel. Die gebou self is die afgelope 20 jaar vakant, maar volgens wetenskaplikes is die radioaktiewe risiko nog baie hoog. Voordat die tonnel Dinsdag meegegee het, het van die opgaartenks in die tonnel na bewering glo reeds gelek en radioakatiewe gasse en chemikalieë wat met kanker verbind word, vrygestel. Luidens berigte in April 2016 het meer as 13 000 liter kernafval reeds by die stoorplek uitgelek.

Minstens 61 werknemers is ook verlede jaar aan die dodelike gasse blootgestel.

  Die stoorplek was voorheen ’n plutoniumvervaardigingsaanleg wat 70 jaar gelede ingespan is om die Amerikaanse kernarsenaal te ontwikkel.

Dit is ook dieselfde aanleg waar die eerste atoombom tydens die Tweede Wêreldoorlog vervaardig is. Die plutonium wat deur Hanford gelewer is, was in ’n toetsbom gebruik en daarna in die “Fat Man” (Nagasaki) en die “Little Boy”-atoombomme (Hirosjima) losgelaat is.

Bronne: rt.com, oregonlive.com, usnews.com, independent.co.uk, foxnews.com