Maak seker dat jou noodhulpkissie skoon en waterdig is en dat dit die volgende items bevat:

  • ’n Sker.
  • ’n Tangetjie. ’n Haartangetjie kan gebruik word om dorings (of ander skerp voorwerpe soos ’n by se angel) uit die vel te trek
  • Twee paar mediese handskoene.
  • Oogdruppels.
  • Pleisters van verskillende groottes.
  • Salf vir brandwonde. Geringe brandwonde kan gewoonlik met noodhulp behandel word. Gaan hospitaal toe as dit ernstiger is.
  • ’n Koorspen.
  • Teenontstekingslappies.
  • Teenontstekingsalf.
  • Steriele watterol. Gebruik om nat wonde te dreineer.

Bêre die volgende medikasie in jou kissie:

  • Medikasie om koors af te bring.
  • Voorskrifmedisyne wat jou huismense gebruik, byvoorbeeld asmapompies, insulien, hartmedikasie en bloeddrukmedisyne.
  • Pynpille.
  • Antihistamien vir allergiese reaksies.
  • Maagmedikasie soos lakseermiddel vir hardlywigheid en medisyne teen diarree.

Wenke:

  • Gaan gereeld die items in jou noodhulpkissie na om seker te maak alles is nog daarin wat jy kan nodig kry; dalk is iets intussen al gebruik.
  • Gaan terselfdertyd na of van die medisyne nie al hul vervaldatum bereik het nie. Skryf op ’n plakker aan die binnekant van die kissie die datum waarop jy laas die vervaldatums en inhoud nagegaan het.

- Rikus van Rooy