’n Donkerder uitskeiding of pyn kan met die gehoorverlies gepaard gaan, terwyl lewende insekte kan krap en die oortrom beskadig, en naarheid veroorsaak.

  • Verwyder so ’n voorwerp uit jou kind se oor:
  • Draai hul kop so dat die aangetaste oor afwaarts wys. Maak die oorkanaal reguit deur die oorlob effens opwaarts en weg van die kop af te trek. Laat jou kind hul kop sagkens skud in hierdie posisie.
  • Moenie ’n wattestokkie of iets soortgelyks gebruik nie, want jy kan die voorwerp dieper in die oor in dwing.

Verwyder so ’n lewende insek uit jou kind se oor:

  • Trek die oorlob opwaarts en agtertoe om die oorkanaal reguit te maak. Skyn met ’n flits in die oorholte. Die insek behoort ná ’n paar minute uit te kruip.
  • As dit nie werk nie, plaas drie tot vyf druppels louwarm mineraal- of babaolie in die oorkanaal. Sorg dat die olie nie te warm is nie. Die insek sal versmoor en saam met die olie uitspoel. Moenie olie gebruik as jy vermoed die oortrom het gebars nie (in dié geval sal die oor seer wees en jou kind gehoorverlies ervaar). Moenie die oor met water uitspoel as jy vermoed organiese materiaal, soos ’n saad, sit in die oor vas nie, want water kan dit laat uitswel.
  • Besoek ’n dokter as jy nie die voorwerp met die eerste probeerslag kan verwyder nie of as daar bloeding of ’n uitskeiding is. Gaan dadelik dokter toe as die voorwerp ’n klein CD-battery of magneet is. Die battery in ’n gehoortoestel kan byvoorbeeld uitval en die gevaarlike chemikalieë daarvan in die oor uitlek.

- Betina Louw