Hoe lank moet babas geborsvoed word en watter voordele is daaraan verbonde? Dr. Avron Urison van AllLife, ’n versekeraar vir mense met MIV, sê eksklusiewe borsvoeding tot minstens 11 maande kan wêreldwyd die 13 persent van sterftes wêreldwyd onder kinders jonger as vyf voorkom.

Hy voeg by dat borsmelk propvol stowwe is wat pasgeborenes van siektes beskerm. Dit is bo en behalwe die feit dat dit al die vitamiene en voedingstowwe bevat wat pasgeborenes die eerste paar maande van hul lewe nodig het.

Dr. Urison sê die vervangingsvoedingsopsie, wat aandui dat ’n baba slegs formulemelk ontvang, is ’n voedsame alternatief vir borsvoed. Maar geeneen van die teenliggaampies in borsmelk teenwoordig is in die formulemelk nie. Dit beteken die baba word nie beskerm teen infeksie en siekte soos met borsmelk nie; daarom word borsvoeding hoog aangeskryf.

Hy sê: “MIV-positiewe ma’s wat behandeling ontvang, ’n lae inkomste verdien en dalk min toegang tot skoon water, sanitasie en gesondheidsdienste het, moet eksklusief borsvoed. Dit is te danke aan die feit dat sonder aanvaarbare, uitvoerbare, bekostigbare, volhoubare en veilige omstandighede, dra formulevoeding ’n groter risiko vir dood vergeleke met borsvoeding; dit dra dalk by tot die 13 persent van sterftes wêreldwyd onder kinders jonger as vyf.”

Maar in die geval van vroue met MIV en ’n hoë inkomste wat onbeperkte toegang tot skoon water en gesondheidsdienste het, sê dr. Urison die vervangingsvoedingsopsie is beter weens die hoër risiko vir MIV-oordrag by borsvoeding.

Maar hy raai MIV-positiewe vroue aan om voorgeboortelike beradingsessies oor babavoeding by te woon sodat hulle die voedingsopsie kan kies wat die beste by hul omstandighede pas.

- Sapa

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.