Gautengers moet hulself staal en maar weer hul reënjasse uitpak. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik vir donderstorms wat later vanmiddag in die noorde sal woed. Inwoners is gewaarsku dat fratsvloede en oorstromings ook kan voorkom.

Stormsterk winde word ook vandag in Algoabaai in die Oos-Kaap verwag. Gauteng was vroeër vandeesmaand in chaos gedompel toe erge donderstorms en reën oorstromings in die provinsie veroorsaak het. Sowat sewe mense het gesterf, waarvan dier lyk van die ma van vyf, Madelein Murray, steeds soek is.