Dít nadat die paroolhersieningsraad Maandag ’n besluit opsy geskuif het om Oscar toe te laat om die res van sy straf tuis uit te dien.

Sy regspan is gisteraand 18:00 oor die besluit ingelig nadat hulle op hul beurt met regsaksies gedreig het rondom die sloer van Oscar se moontlike vrylating. Netwerk24 berig Oscar kwalifiseer sedert Augustus vir korrektiewe toesig nadat hy 'n sesde van sy vyfjaarvonnis vir manslag uitgedien het. Die Pistorius-familie het gekla dat hy onregverdig behandel word omdat die internasionale kollig steeds op hom skyn. eNCA het so pas aangekondig dat Oscar se paroolverhoor tot 21 Oktober uitgestel is sodat die paroolraad ook Reeva Steenkamp se familie kan raadpleeg.