p 65 is sy steeds pragtig. Die voormalige Tuks-joolkoningin se blou oë vonkel. Haar hande gesels saam met haar oë en mond, vol lewe en energie.

Jy sal nooit kon raai die skepper van die reeks Carike en Ghoempie Kuier Saam met Ghoeghoe in Kinderland, waarvan meer as 450 000 CD’s en DVD’s al verkoop is, is net ’n paar dae gelede uit die hospitaal ontslaan nie.

“Ek is blakend gesond. Jy kan mos sien!” En weer is daar die aansteeklike lag en glimlag wat kinders en volwasse aanhangers al 45 jaar bekoor.

Toe sy destyds die eerste knop in haar bors ontdek, het die onrustigheid het aan haar bly knaag. Sy is teater toe vir ’n biopsie en het vooraf vir die chirurg toestemming gegee om na goeddunke op te tree. Toe sy wakker word, was dit sonder haar linkerbors.

Lees Danél Blaauw se onderhoud met Carike in Huisgenoot 2 Augustus 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Ons het so paar maande gelede 'n onderhoud met Carike gevoer vir Huisgenoot-Tempo. Kyk gerus hier daarna: