Lekker! Nog net een slapie oor voordat kinders van Gauteng die wonderwêreld van die oerdiere kan betreë wanneer die “Day’s of the Dinosaurs”-tentoonstelling  môre in Sandton open.

IMG_6042

En wag daar nie groot pret op die jong klomp nie: hulle kan selfs op ‘n klein dinosourussie se rug ry of in hul groot eiers klim vir ‘n fotosessie!

Dan is daar natuurlik nog die 3D-fliekteater wat net meer pret gaan verseker.

Kinders wat hou van teken, kan gaan aansit by die spesiaal ontwerpte tekentafels met verskillende dinosorus-spesies in reliëf om hulle af te teken en die prentjie saam huis toe te vat.

IMG_6043

Kleintjies kan ook in die dino-sandput speel wat lyk soos die plek waar paleontoloë fossiel-oorblysels ontdek. En natuurlik sal geen kind wil huis toe gaan voordat sy gesig nie soos die van ‘n dinosourus geverf is nie!