“Naskokke wat wissel van 1 tot 2,5 (op die Richterskaal), word in die komende dae verwag,” sê Michelle Grobbelaar, bestuurder van die raad se seismologie-eenheid.

“Ons gaan steeds die seismisiteit in die gebied en die hele land monitor.”

Die aardbewing het Dinsdagmiddag in die omgewing van Stilfontein, Klerksdorp en Orkney gebeur en is wyd gevoel.

’n Naskok het die dorp Khuma, naby Orkney, Dinsdagaand getref nadat die raad mense daaroor gewaarsku het.

Michelle het gesê hierdie gebied het ’n hoë konsentrasie diep goudmyne.

In 2005 het ’n aardbewing van 5,3 dieselfde gebied getref, wat twee myners se lewe geëis en strukturele skade op die oppervlak aangerig het.

Dinsdag is een persoon dood en minstens 34 mense beseer; geboue in dele van die land is ontruim.

Mense in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Oos-Kaap en Noord-Kaap het gesê hulle het die bewing gevoel, asook inwoners van die naburige Mosambiek en Botswana.

- Sapa