Hul geboortema het borskanker. Maar Debbie Rowe, wat van 1996 tot 1999 Michael se vrou was, sê sy gaan teen die siekte baklei.

Maandag is berig Debbie ly aan die siekte wat die potensiaal het om dodelik te wees. Debbie het die nuus sedertdien bevestig, maar hou vol sy gaan nie voor die toestand swig nie.

“Ek is ’n vegter en was dit nog altyd,” het sy aan Entertainment Tonight gesê.

Lees ook: Michael Jackson se ‘finansiële roekeloosheid’ kom sy kinders duur te staan Luidens verskeie berigte sal die 57-jarige verpleegster binnekort chirurgie ondergaan om die siekte te behandel. Debbie is die ma van die oorlede sanger se twee oudste kinders, Michael, ook bekend as Prince, en Paris. Volgens TMZ.com was Paris nie van haar ma se diagnose bewus nie, want hulle was vir langer as ’n jaar vervreem. Maar Paris het dalk na die nuus verwys met ’n plasing op haar Instagram-blad toe sy ’n kiekie van ’n Boeddha-fontein gedeel het sonder ’n byskrif daarby.

Verlede maand het aan die lig gekom Michael, wat in 2009 oorlede is, het onder meer kinderpornografie by sy Neverland-landgoed aangehou.

Volgens Radar Online, wat beweer hulle het die polisieverslag en hofdokumente gesien, het ’n ondersoeker gesê: “Die dokumente ontbloot Jackson as ’n manipulerende, dwelm-en-seksmal roofdier wat bloed, derms, seksueel eksplisiete beelde van diere-offering en perverse volwasse seksdade gebruik het om kinders te manipuleer.”

© Cover Media