Die gemeenskap van Kestell in die Vrystaat is geskok nadat 'n 16-jarige skoolmeisie Sondagmiddag haar eie lewe geneem het, berig Netwerk24.

“Niemand moet skuldig voel oor wat ek gedoen het nie. Dit is niemand se skuld nie. Weet dat ek julle almal liefhet,” het Deoni Vermaak, wat in graad nege in die Hoërskool Retief in Kestell was, geskryf. Sy het haarself met 'n skooldas in haar kamer opgehang.

Deoni se tannie, Amanda van der Merwe, het aan Netwerk24 gesê Deoni se dood is baie onverwags en dat daar geen gevaartekens was nie.

Volgens Amanda is Deoni se gesin nog in skok.

Lees meer by Netwerk24.