Die ster van The Cosby Show staan tereg op drie aanklagte van onsedelike aanranding te midde van beskuldigings dat hy Andrea Constand, ’n voormalige werknemer van die Temple-universiteit, in 2004 by sy huis in Pennsilvanië bedwelm en seksueel aangerand het.

Bill se regsverteenwoordigers se aanvanklike poging verlede maand om die saak van die hand te wys, het misluk nadat hulle beweer het die 78-jarige het ’n ooreenkoms waarvolgens hy nie sou klagtes indien oor sy beweerde siviele verklaring oor die beweerde ontmoeting met Andrea nie.

Lees ook: Bill Cosby kan van seksuele aanranding aangekla word

In sy getuienis in sy hofsaak, wat eers verlede jaar openbaar gemaak is, amper ’n dekade nadat die saak geskik is, het Bill erken hy het kalmeermiddels bekom om vir vroue te gee by wie hy wou slaap. Die inligting het die owerheid genoop om die saak weer te ondersoek en daarna die klagte in te dien waardeur hy nou in die gesig gestaar word.

Die akteur se regsverteenwoordigers het die voorlopige verhoor toe probeer uitstel, maar die hooggeregshof het die mosie gister verwerp, berig Deadline.com.

Bill sal nou na verwagting vandag voor regter Steven O’Neill in ’n hof in Norristown, Pennsilvanië, verskyn waar hy dalk van aangesig tot aangesig met Andrea sal kom.

Lees ook: Bill Cosby het vroue glo kalmeermiddels gegee voor seks

Meer as 50 vroue het die veteraankomediant, wat op borgtog van R15,5 miljoen uit is, sedert laat 2014 van verkragting, bedwelming en onvanpaste seksdade beskuldig. Hy ontken al die beskuldigings.

Amper al die dekades oue voorvalle kan nie voor die hof gebring word nie, want die klaers het te lank gewag om klagte teen Bill te lê.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

5 van die koelste eksperimente wat tans op die Internasionale Ruimtestasie uitgevoer word

Kamera, ligte en aksie! Ons HG-fliek is in wording

Skoknuus in ondersoek na gedoemde EgyptAir-vlug bekend gemaak

O koek! Die ‘reëndruppelkoek’ met sy byna geen kilojoules neem die internet op horings