Demi Lovato het glo die nuutste glansmens geword van wie persoonlike foto’s aanlyn uitgelek is.

A post shared by Demi Lovato (@ddlovato) on

Bronne het aan New York Post se Page Six vertel ’n aantal pornografiese webtuistes versprei foto’s waarop die Skyscraper-ster met ’n oopgeritste top aan op haar bed lê. Dit is onduidelik of die foto’s eg is en waar en wanneer dit geneem is. Demi het nie op die kaalborsfoto’s kommentaar gelewer of die egtheid daarvan bevestig nie.

A post shared by Demi Lovato (@ddlovato) on

Dit is ook nie die eerste keer dat beweerde gewaagde foto’s van Demi gesteel is nie. In 2014 het kaalfoto’s van die 24-jarige sangeres, party met haar ekskêrel Wilmer Valderrama op, aanlyn verskyn.

Die nuwe foto’s is uitgelek ’n week nadat Demi vyf jaar van nugterheid gevier het deur in Los Angeles rond te ry en skenkings aan plaaslike liefdadigheidsinstellings en organisasies te oorhandig.

Die sangeres het lukraak ’n groep organisasies gekies op grond van die werk wat hulle doen, onder meer regtegroepe vir lesbiërs, gays, biseksuele en transgender mense en organisasies sonder winsoogmerk wat dieresorg en aanneming bied. Sy het die mylpaal ook in die sosiale media herdenk. “So dankbaar. Dit was nogal ’n reis. So baie hoogte- en laagtepunte,” het Demi op Instagram geskryf langs ’n vorderingsmaatstaf van Alkoholiste Anoniem.

“So baie keer wou ek terugval, maar het ek op my hande gesit en God gesmeek om die obsessie te verlig. Ek is baie trots op myself, maar ek kon dit nie gedoen het sonder my Hoër Mag, familie, vriende en almal anders wat my ondersteun het nie.

“Voel vandag nederig en verheug. Dankie, ouens, dat julle aan my sy gebly en in my geglo het,” sluit sy af.

Ander bekendes wie se persoonlike rekenings onlangs deur krakers geteiken is, is die aktrises Rhona Mitra, Amanda Seyfried, Mischa Barton, Emma Watson, Katie Cassidy en Dylan Penn.

© Cover Media