Nes Ina Bonnette was Sarita Venter glo ook ‘n slagoffer van die sogenaamde monster van Modimolle.

Dié eens vooraanstaande sakevrou van Bloemfontein het kort voor haar dood ‘n dagboek gehou oor hoe Johan Kotzé haar geldelik misbruik, emosioneel afgeknou en verneder het.

Maar anders as Ina (Vermink deur ’n monster, 19 Januarie) het Sarita nie oorleef om haar verhaal te vertel nie. Sy was 48 jaar ten tyde van haar dood en ’n skadu van die eens suksesvolle sakevrou wat die Rosestad net vier jaar gelede nog geken het.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot deel ons Sarita se laaste dagboek-inskrywings en praat ons met haar seuns oor die hartseer van hul moeder se dood.

Lees meer in die nuutste uitgawe wat nou op die rakke beskikbaar is.

Kyk hier na ‘n eksklusiewe video wat op Ina en Johan se troue geneem is: 

Volg Huisgenoot op Twitter.