Laat Donderdagmiddag het die Randfontein Herald berig oor ontwikkelings rondom die opspraakwekkende moordsaak.

Volgens gerugte is daar mense wat waarskynlik die vierjarige meisie se dood kon voorkom het. Daar is ’n kans dat klagte van roekeloosheid en nalatigheid kan volg.

Lees ook:EKSKLUSIEF: My hart wil dit nie vat nie – Poppie se gebroke ouma is siek van verdriet

Op 3 Februarie is ’n aansoek voor die hof gebring om Poppie se boetie uit ’n huis van veiligheid te neem en hom eerder in sy grootouers se sorg te laat.

Intussen berig die Herald nog iemand wat na bewering met Poppie se familie verbind word, is reeds gedagvaar en sal Vrydag in die hof verskyn.

Bron: randfonteinherald.co.za