Kort nadat ontstellende foto's van 'n bedwelmde paartjie wat saam met hul jong kind in 'n motor gevind is aan die lig gekom het, is 'n soortgelyke video uitgereik.

Hierdie nuwe video wys weereens hoe 'n paartjie bewusteloos in hul motor lê weens 'n oordosis dwelms; dit terwyl 'n kleuter op die agtersitplek sit.

Verbygangers het glo op die ontstellende toneel afgekom en die polisie ontbied.

Nooddienswerkers het die man, Matthew Huber (41), en vrou, Victoria Warzyniakowski (27), bygebring en die kind na veiligheid geneem. Die ouers is onderskeidelik van nalatigheid teenoor 'n kind sowel as vir die besit van dwelms aangekeer.

Hoewel die video reeds vroeër vanjaar verfilm is, het dit onlangs eers aan die lig gekom nadat die man in die video in September gesterf het.

Matthew is glo weens 'n dwelmoordosis oorlede.

Bronne: WISN-TV, Elite Daily, CNN.