Die peuter het Sondag aan sy wonde beswyk nadat hy ernstige beserings aan sy kop en liggaam opgedoen het.

Die kind se stiefpa is intussen weens sy moord in hegtenis geneem.

Luidens berigte het die stiefpa sy eie lewe in die polisie-aanhoudingselle probeer neem.

Hy is vasgetrek nadat die polisie gereageer het op klagte wat hulle van ’n hospitaal in Kensington ontvang het.

Gesondheidswerkers het die polisie met hul aankoms ingelig ’n peuter van 18 maande het gesterf nadat hy vir mediese behandeling daarheen gebring is.

Die kind se ma is ook nou in hegtenis geneem. Klagte is teen haar aanhangig gemaak nadat sy vir polisie-ondervraging ingeroep is.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoeder, het die voorval bevestig. “ ’n Dertigjarige vrou is aangekla,” het sy gesê.