Dit lyk asof Lindsay Lohan een struikelblok na die ander die hoof moet bied. Eers was daar haar stryd met alkohol en dwelms, haar pa het in die tronk beland en onlangs het haar vervreemde verloofde, Egor Tarabasov, haar aangerand. En nou is dit onbetaalde huurgeld wat haar bankrot kan laat. Die beleërde aktrise word na bewering versuim het om die huurgeld op haar woonstel in die eksklusiewe Knightsbridge-gedeelte, Londen, wat $4,3 miljoen (R59,7 miljoen) werd is, te betaal.

A photo posted by Lindsay Lohan (@lindsaylohan) on

Prokureurs van die eienaar van die eiendom het die 30-jarige aangeskryf en geëis dat sy ses maande se agterstallige huurgeld, wat altesaam $95,000 (R1,318 miljoen) beloop, betaal. Mail Online berig dat hulle op 8 November ’n aansoek gaan indien dat sy bankrot verklaar word as sy in gebreke bly om te betaal. Die huurooreenkoms vir 12 maande, wat 6-maande-verbrekingsklousule bevat het, was in Lohan se naam, maar daar is sprake dat haar vervreemde verloofde vooraf ’n volle deposito vir drie maande betaal het.
Die paartjie, wat in April vanjaar verloof geraak het, maar is ná hewige rusies in Julie uitmekaar. Hulle het glo ooreengekom om die huurgeld, wat $3,700 (R51,326) per week beloop het, te deel. Tarabasoy beweer Lohan het nooit haar deel betaal nie. Die ster van Mean Girls is volgens berig nog steeds die wettige huurder en sy het in September vanjaar ’n paar dae op die eiendom in Londen gebly vir ’n opname van Jamie Oliver se kookprogram.

A photo posted by Lindsay Lohan (@lindsaylohan) on

Tarabasov het verder tot Lohan se verdriet met die hof bygedra deur te beweer sy het van sy besittings, wat ’n Rolex Oyster-horlosie en ontwerpersklere van sowat $29,000 (R402,289) insluit, uit die woonstel verwyder het.

Die 23-jarige het ’n inventaris van sy besittings wat volgens hom verdwyn het, aan sy prokureurs gestuur.

Ook op die lys is ’n skildery van Luc Waring, ’n afdruk van The Kiss van Tracy Emin, ’n diamantversierde ring en ’n Panerai Luminor Marina-horlosie.

Een van Lohan se verteenwoordigers het geweier om kommentaar te lewer oor die verslag.

© Cover Media