Dis nou die grootste geskenk waarvoor ’n man op sy verjaarsdag kan vra... D “Dit was toevallig die tyd wat sy moes gekyk het. Sy het sleg begin voel en getoets met een van daai stokkie goed,” vertel Jay.

“Ek is in ekstase, dis die beste geskenk ooit,” sê Jay, wie vandag 36 jaar oud is.  Hulle twee seuntjies Aidan (6) en Samuel (3) verjaar ook albei in September. “ Hulle bid al die laaste jaar dat hulle ’n sussie soek. Ons het geluister en hulle groot Pappa het ook geluister.”

Hoewel hulle nog nie weet wat die geslag van die nuwe pienkvoet gaan wees, hoop hulle vir ’n dogtertjie. “Ek hoop met my hele hart vir ’n dogtetjie, want met drie stoute laaitjies weet ek nie hoe my hart dit gaan hou nie,” het hy gespot. “Ek hoop dis my prinses, want ek wag al lank vir haar.”

Sy grootste wens vir sy kinders is dat hulle gesond en gelukkig moet wees. “ En dat hulle eendag ook hulle eie families kan begin!”