Twee tandheelkundiges in dieselfde gemeente as Lise en haar man, dr. Danie Brink, het reeds afmetings geneem vir die chirurgie.

Die Brink-gesin was op 16 Desember op pad met vakansie toe hul motor se band tussen Theunissen en Brandfort in die Vrystaat bars.

[caption id="attachment_154158" align="alignnone" width="600"]Die Brink-gesin. Die Brink-gesin.[/caption]

Lise se linkerbeen is gedeeltelik geamputeer en sy het reeds verskeie ander operasies ondergaan. ’n Roudiens is Sondag gehou vir twee van hul kinders, André (13) en Rachel (8), wat in die ongeluk gesterf het.

“Inplantate sal gebou moet word, maar daar is nog nie sekerheid in watter mate nie,” het Ernst Vorster, Solidariteit Helpende Hand se hoof van kommunikasie, Donderdagoggend gesê.

Luidens ’n plasing op die Facebook-groep “Nuus oor Danie Brink en gesin” is plate reeds geneem om te bepaal of Lise ’n rugfusie sal benodig. Ernst het dit bevestig. Hy het ook bevestig dat Lise nie meer net fluister nie, maar nou kan praat.

Ernst het bevestig die Brinks se kinders Mieke en Johann het reeds weer met tuisonderrig begin en Danie neem self die klasse waar.