Volgens Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, het nog ’n insittende geringe beserings opgedoen.

Met ER24 se aankoms was ’n ander mediese span reeds op die toneel. Dié span het die man dood verklaar. Die ander man het buite die bakkie gelê. 

"ER24 het die man ondersoek en na ’n hospitaal in Carletonville geneem vir verdere mediese sorg. Die presiese omstandighede rondom die ongeluk is nog onbekend," sê Van Huyssteen.

Die SAPD en brandweer was ook op die toneel. 

Daar was vanjaar reeds talle ongelukke op die R501 buite Carletonville en paramedici voer aan die swak beligting op dié pad is moontlik ’n groot bydraende faktor.