Dié sanger spog nou met vier benoemings vir Huisgenoot-Tempo-toekennings.

Refentse is benoem in die kategorie nuweling van die jaar. Sy treffer Baby, Wat Eet Ons Vanaand? is benoem as liedjie van die jaar. Dan is hy ook in die kategorie liedjie van die jaar saam met Ricus Nel, Bok van Blerk en Adam Tas benoem vir die liedjie Hardekole. Boonop is dié liedjie 'n aanspraakmaker op die titel musiekvideo van die jaar.

“Dis vir my so 'n groot eer,” het die 20-jarige laat hoor uit Sydney, Australië, waar hy vandeesweek saam met verskeie Afrikaanse kunstenaars optree.

“Baie, baie dankie vir die benoemings,” het hy gesê.

Op reis Aus toe saam hierdie lekker mense! #onspronk

A post shared by Refentse Morake (@refentsemorake) on

Die Huisgenoot-Tempo-benoemings is Woensdag bekendgemaak.

Refentse het vroeër vanjaar ’n Suid-Afrikaanse Musiekprys gewen as beste verkoper van die jaar. Hy het ook vier Ghoems huis toe gevat.

Kyk watter kunstenaars is saam met Refentse as nuweling van die jaar benoem:

Stem hier vir jou gunsteling!